Gryp die dag, Suid-Afrika.

ʼn Nuwe seisoen met blinknuwe besigheidswenke!
Besigheid wat saak maak
is ʼn besigheidsontbytgesels-program wat op sake-aspekte van maatskaplike belang fokus en wat alle tipes besighede – groot en klein – bekendstel.

Die program word deur Rozanne McKenzie en Anton Schmidt aangebied en plaas Suid-Afrikaanse besighede en sakepersone in die kollig.

Elke aksiebelaaide episode ondersoek aktuele kwessies, stel opwindende nuwe produkte en dienste bekend, en deel opbouende verhale uit alle industrieë – van opwindende nuwe ondernemings tot die groot handelsmerke van ons tyd, asook dié van bekendes, invloedrykes, industrie-verskilmakers en denkleiers.

Skakel in op VIA, DStv-kanaal 147, vir ‘n ontbytgeselsprogram sonder gelyke.

Première: Saterdae om 08:30 – 09:30

Heruitsendings: Dinsdae om 21:30 – 22:30
Woensdae om 09:30 – 10:30
Donderdae om 14:00 – 15:00

 

Ons media-vennoot aan die woord.

Aandag alle besighede wat saak maak.

Blaas nuwe asem in jou besigheid met die televisie-platform wat saak maak en pakkette vir elke tipe onderneming en alle begrotings. Deur middel van inspirerende onderhoude sal die blootstelling op Besigheid wat saak maak jou kliënte insig gee in jou besigheid se ware persoonlikheid, die waardes wat dit onderskryf, en al die ander emosionele oorwegings wat ‘n aankoopbesluit beïnvloed.

Of dit nou kleinhandel of besigheid-tot-besigheid is, Besigheid wat saak maak is daar vir alle tipes besighede in alle industrieë, ongeag hoe groot of klein.

Vir meer inligting oor ons pakkette, en om jou plek in die studio te verseker, kontak ons gerus by [email protected]

Vir meer inligting oor ons pakkette en om jou plek in die ateljee te verseker, kontak ons vandag nog by [email protected]