Die aanbieders

Rozanne McKenzie

Rozanne McKenzie is ‘n nuusanker en TV- en radioaanbieder met 15 jaar se uitsaai-ervaring. Sy het al aan verskeie Engelse en Afrikaanse televisieprogramme gewerk.

Haar ervaring sluit leefstylprogramme, aktuele programme en regstreekse TV-uitsendings in. Rozanne het al onderhoude met baie bekende figure gevoer, waaronder John Cleese en Aartsbiskop Emeritus Desmond Tutu, asook ander individue wat buitengewone dinge vermag het. Rozanne se werk was nog altyd daarop gefokus om mense se stories te vertel.

Vir haar bied Besigheid wat saak maak ‘n nuwe geleentheid om baie meer mense se stories te vertel.

Anton Schmidt

Anton Schmidt se loopbaan het in televisie en radio begin en later het hy as stemkunstenaar begin werk. Sy eerste TV-reeks was Kampus, gevolg deur optredes in Die Mannheim Sage, VeeBee, Die Swart Kat, Faulkner’s Law en Vleuels. Hy het ook drie jaar lank sy stem aan Freckles in die kinderprogram Pumpkin Patch verleen.

Hy het as radioaanbieder by Highveld Stereo gewerk en later Jacaranda 94.2 se ontbyt- en laatmiddagprogram behartig. Anton het onlangs sy terugkeer op televisie in die kykNET-sepie Binnelanders gemaak. Anton is ‘n bekende stem in die vermaaklikheidsbedryf en was vir meer as 20 jaar by stemoorklanking betrokke. Sy repertoire sluit onder meer radio- en televisie-advertensies, korporatiewe video’s, dokumentêre films en natuurlewe programme vir M-Net, SABC en SuperSport in.